OUDTSHOORN NUUS - Oudtshoorn-rolbalklub verwelkom graag besoekers en dit maak nie saak of jy ‘n kranige rolbalspeler is, net dan en wan speel of nog nooit voorheen probeer het nie.
Dalk is die vakansie die ideale geleentheid om te kyk of jy van die spel hou en nee, dit is beslis nie net vir bejaardes nie.
Die rolbalklub in St. Johnstraat het vier pragtige bane, netjiese geriewe en ‘n kroeg wat saans na 19:00 oop is. Die klub is nie net vir lede nie en daar word op gereelde basis sosiale wedstryde gespeel waar enigiemand teen slegs R30 per persoon kan speel.
Balle is gratis beskikbaar vir besoekers wat nie hulle eie besit of saamgebring het nie.
Die tye vir vriendskaplike spel is: Dinsdae van 09:30 tot ongeveer 11:00 Woensdae van 13:30 tot ongeveer 14:00 Donderdae van 17:00 tot ongeveer 19:00 Saterdae van 13:30 tot ongeveer 17:00
Vir enige navrae skakel die klubsekretaris, Hendrik de Jager, by 082 418 7009.
'Ons bring jou die nuuste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'