OUDTSHOORN NUUS - Inwoners van Oudtshoorn word genooi om op 15 Desember vir 'n goeie doel saam met een van die beste langarmorkeste in die land, die Elgenairs van Grabouw, in die banketsaal van die burgersentrum te kom dans.
Dié spogdans, wat deur 'n afgetrede eiendomsagent, Dennis Botha, gereël word, is ten bate van die Coronation-versorgingsoord vir bejaardes in Bridgton.
Volgens Botha, het hy besluit om iets vir die inwoners van die inrigting te doen omdat daar beslis 'n behoefte daarvoor is.
Botha sê sy mikpunt is om die aand ten minste R50 000 vir die oord in te samel en doen 'n beroep op die gemeenskap, kerke en skole om 'n goeie saak te ondersteun.
Hy vra ook besighede en sakemanne vir skenkings om die oorhoofse kostes te dek soos die huur van die saal, die orkes, om sodoende sy doelwit te bereik. Hy self skenk 'n bedrag van R10 000.
Kaartjies vir die dans kos is R150
per persoon en is by Botha beskikbaar. Tydens die aand sal daar ook gelukstrekkings wees en 'n geleentheid vir gaste om foto's te laat neem wat teen 'n minimale koste geraam sal word en as aandenking gehou kan word.
Volgens hom gaan dit moeilik vir Coronation om kop bo water te hou met die stygende voedselpryse.
Diegene wat die dans gaan bywoon kan hul eie verversings en drinkgoed saambring. Kontak Botha by 083 4711170 vir kaartjies.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’