Verskeie organisasies, besighede, instansies en individue van Oudtshoorn is tans besig om noodsaaklike hulpbronne soos klere, water en kos bymekaar te maak sodat dit aan brandslagoffers in Knysna geskenk kan word.
Enigiemand wat ‘n skenking wil maak kan dit by die Oudtshoorn Courant se kantore, by Deon Bosman se karwas, Plaspac of Turnberry Boutique Hotel afgee.
Daar is ook ‘n aanvraag vir skenkings vir die brandweermanne- en vroue en ander nooddienstepersoneel wat onverpoos help om die brand te blus en die beseerdes te help.
Round Table Oudtshoorn gaan vanmiddag 14:00 met twee vragmotors, een vanaf Mosselbaai en vanaf Oudtshoorn om die goedere in George by die Eden-rampbestuur se afsitpunt af te laai.
Hulle afsetpunt is in Mosselbaai in by die Shell-vulstasie in Voorbaai.
Enigiemand wat finansiële donasies wil maak kan Zelda du Preez van Round Table by 071 334 7748 skakel.
‘Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus’