OUDTSHOORN NUUS - Die Bongolethu Child Care Centre in 13de Laan, Bongolethu op Oudtshoorn het Woensdagaand (26 Julie) op 'n onbekende manier aan die brand geslaan en lê tans in puin - daar is niks van die skool oor nie behalwe vir 'n hoop sinkplate en 'n klimraam.
Dié kleuterskool, wat byna 140 kinders van onder meer die Bongolethu-, Rosebank- en Rosevalley-gemeenskappe bedien, bestaan al vir byna 30 jaar.
Die Oudtshoorn Courant het met Marilyn Blaauw, 'n ouer van een van die skooltjie se leerlinge gesels oor hoe ouers tans voel oor die insident, en hoe geheg die kleintjies aan die skool was.
'n Duidelik hartseer en getraumatiseerde skoolhoof, Judith Tyatya, het bygevoeg dat die skool nou op soek is na 'n tydelike heenkome sodat kinders steeds kan skoolgaan. Sy het vertel dat die gemeenskap rondom die skool tot dus ver so veel moontlik hulp verleen het, maar dat die breër Oudtshoorn-gemeenskap haar kan kontak om op enige manier te help.
Skakel haar by 072 180 2924.
VIDEO - Kleuterskool in Bongolethu lê in puin na brand:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’