Johannes Theodorus Schonken is later deur Britse magte naby Aliwal Noord gevange geneem en ter dood veroordeel op 18 April 1902, maar is in Maart 1903 op amnestie vrygelaat.
Scheepers was nie so gelukkig nie en het voor 'n vuurpeloton buite Graaff-Reinet gesterf. Sy graf kon nog nooit opgespoor word nie en daar word vermoed Britse magte het sy lyk verwyder om te verhoed dat sy graf 'n martelaarsmonument word.
Die Schonken-saak het destyds opslae gemaak. In die CP Nel se argiewe van die Oudtshoorn Courant gedateer 11 Maart 1901 is daar wyd berig oor die veroordeelde wat hulp aan Scheepers en sy kommandolede verleen het onder die opskrif De Schonken Zaak.
Met die uitbreek van die Eerste Wêreldoorlog in 1914 is dit te betwyfel of Schonken sou aansluit by Britse magte wat destyds SA troepe opgeroep het om teen Duitsland te veg. Sy oudste seun is juis na generaal Christaan de Wet vernoem, wat die rebellie destyds teen die Britte gelei het.
Enige persoon met meer inligting kan vir Chris Schonken kontak by milani@interiorimages.co.za of 072 152 4415.

Op 11 Maart 1901 het die Oudtshoorn Courant berig oor Johannes Theodorus Schonken se in hegtenisname. Foto: Leon Nell