KAROO NUUS - Hierdie is nie Gielie Basson se rekord nie, maar Calitzdorp se rekord. So sê Gielie Basson, die Brawe Braaier wat dié naweek gaan poog om die wêreldrekord vir die langste braai te breek en minstens 84 ure aaneen te braai.
Die huidige rekord is 80 ure, en is ook deur 'n Suid-Afrikaner opgestel. Jan Greeff, wat in 2014 in Amerika gewoon het, het die rekord opgestel.
Basson begin amptelik vandag, 21 September en eindig Sondag 24 September.
Hy sê sy grootste doelwit met die braairekord is om mense van regoor die wêreld van Calitzdorp bewus te maak.
"Ek doen dit uit en uit net vir die dorp. Ek wil hê mense moet kom en ons besighede en kelders besoek. Hulle moet sommer vir 'n naweek by 'n gastehuis bly en saam met ons kom kuier."
Basson se braaipunt gaan by Zimani Grill in die hoofstraat van Calitzdorp wees en almal is genooi. "Daar gaan lewendige musiek ook wees. Ons wil 'n lekker atmosfeer die naweek skep."
Hy sê hy moet letterlik alles alleen doen en niemand anders mag aan die hout, die braai, die vleis of die toerusting raak tydens die poging nie.
"Ek mag die vleis op die rooster slegs met die hand omdraai en ek mag nie 'n toeklaprooster gebruik nie. Die vleis moet "eetbaar" gaar wees en mag dus nie te rou of te gaar vanaf die rooster kom nie. Een van die uitdagings is dat die hele poging op video opgeneem moet word sodat dit as bewys aan Guiness World Records gestuur kan word. Dit is ongeveer 86 ure ononderbroke verfilming.”
Hy mag ook nie die vleis vir wins verkoop nie. Hy gaan die eerste klomp vleis aan nooddiensbeamptes van Calitzdorp skenk. Daar gaan ook aan Vygieshof, die tehuis vir bejaardes, sowel as die sopkombuis in Bergsig vleis gegee word. Basson sê hy beplan om van die poging 'n onvergeetlike een te maak.
"Mense word genooi om saam te kuier by Zamani. Ek vra dat mense die naweek van 21 September na Calitzdorp toe kom en by die GWR-poging kom inloer, foto's neem en op hul sosiale media plaas sodat die hele wêreld kan weet dat Calitzdorp nie terugstaan vir die groter dorpe nie en dat die woord kan versprei, want Calitzdorp gaan in die Guinness World Records pryk."
Bestandele:
- 1kg broodmeel
- 1 groot opgekampte ui
- 1 pakkie gis
- 600ml lou warm water
- 1 tot suiker
- 1 tot Six Gun Grill speserye
- 2 tot olyf olie
- 1 gietysterplatboompot
- stukkie botter
Metode:
- Gooi die gis en 'n halwe tot suiker in die water en roer sodat die suiker kan oplos.
- Gooi die res van die suiker, opgekapte ui en speserye in die meel en werk die ui in die droë meel in sodat die stukkies ui los kan wees.
- Wanneer die gis mooi gegis het, gooi die water in die meel en werk die deeg totdat dit goed vermeng is +-5min (moenie worry as dit nog nat is en aan jou hande vassit nie).
- Gooi dan die olyf olie in en werk die deeg sodat die olie goed ingewerk word.
- Maak die bak toe met kleefplastiek en sit dit in 'n warm area sodat die deeg kan rys.
- Wanneer die deeg 2x die grootte gerys het, knie dit weer af, maar nie te veel nie.
- Smeer die platboompot en deksel met die botter en gooi die deeg daarin.
- Smeer die bokant van die deeg met 'n waterklam hand om die deeg glad te maak.
- Sit die pot op 'n warm plek sodat die deeg kan rys tot 10mm onder die rant van die pot.
- Wanneer die deeg genoeg gerys het, sit die pot op die kole en bedek die deksel 50% met kole.
- Gee die brood 45min om gaar te word.
- Die ui kan vervang word met mieliespitte of heeltemal uitgelaat word.
Wenke:
- Wanneer jy klaar die brood gebak het, draai die brood heeltemal toe met 'n skoon vadoek of lap wat klam is - dit sal verhoed dat die kors hard word.
- Wanneer jy klaar is, vee die pot uit met kombuispapie. Spuit die pot en deksel goed met Spray & Cook en bêre dit tot volgende keer.
- Laaste tip: Moet nie direk in die son kyk nie!
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’