OUDTSHOORN NUUS - 'n Klag van roekelose en/of nalatige bestuur word deur polisie in Ladismith ondersoek na twee voertuie verlede Saterdag in 'n botsing betrokke was.
Volgens ao. Jan Cederas, woordvoerder van die Ladismith-polisie, het die voorval in Van Eycklaan gebeur.
"Die bestuurder van 'n Honda Ballade het in Van Eycklaan gery toe die bestuurder van 'n Toyota Camry voor hom ingedraai het."
Volgens hom is insittendes van albei voertuie beseer en na die Allan Blyth-hospitaal in Ladismith geneem.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'