Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Voorbereidings vir vanjaar se KKNK het hierdie week in alle erns begin met werkspanne wat op die onderskeie terreine strukture begin oprig.
Oudtshoorn se uitvoerende burgemeester, Colan Sylvester, het Dinsdag die oprigting van een van die strukture langs die CP Nel Museum amptelik begin deur 'n simboliese ysterpen in te kap.
Werkspanne is ook sedert Maandag hard aan die werk om die nuwe Kuierbuurt wat vanjaar op die krieketveld en die Vredestraat sportgronde aangebied word, in te rig.
Alle vermaaklikheid, die Huisgenoot-verhoog en die gewilde feesstalletjies, word in die Kuiertuin aangebied.
Vanjaar se fees vind rondom die museum, die burgersentrum en op die twee sportgronde weerskante van Vredestraat plaas.
Die gedeelte van Langenhovenstraat voor die burgersentrum, sowel as die gedeelte van Baron van Reedestraat tussen Voortrekkerweg en St Johnstraat, sal ook binne 'n paar dae gesluit word om feestrukture op te rig.
Soos verlede jaar sal die gewilde Uitkampteater voor die burgersentrum wees en verskeie aktiwiteit word in Baron van Reedestraat aangebied.
Die fees begin Donderdag 29 Maart en duur tot 4 April. onthaal- en feestente en strukture plaasvind.
Die nuwe Kuiertuin vir vanjaar se KKNK op die Rec en oorlant Vredestraat in die agtergrond. Foto: Hannes Visser
Kyk 'n video hieronder:
'n Werkspan aan die werk langs die CP Nel Museum. Foto: Hannes Visser
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'