Gallery
OUDTSHOORN NUUS - Die KKNK Karoo Kaarte-projek, wat ’n treffende toneelstuk en visuele kunsuitstalling insluit, is tans aan die gang by die Oudtshoorn-gemeenskapsaal.
Die kunsuitstallings brei as ware uit op die karakters en kontekste wat in die toneelstuk uitgebeeld word met die stories wat eie aan Oudtshoorn is.
Deel van die projek is ook om die jonger geslag bloot te stel aan kuns om hulle sodoende te motiveer dat kuns wel as ’n ernstige beroepskeuse oorweeg kan word.
FOTOGALERY: KKNK Karoo Kaarte-projek op Oudtshoorn
Vir die ouer garde beloof die kunste en uitknipsels om destydse herinneringe terug te bring.
Bekendes soos Noemwoord, Oom Japsnoet, Tiffany Saterdaght, Danny B, Meiko Jaftha en Diano Daboe October om net ’n paar te noem, is almal by die projek betrokke.
Kaartjies beloop R185 by die deur.
Die volgende vertonings en uitstallings, is môre om 10:00, en Saterdag om 12:00 by die Oudtshoorn-gemeenskapsaal.
Foto's: Wyndham Ewerts
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'