OUDTSHOORN NUUS- Lea Olivier (9) het onlangs haar SA kleure by die nasionale hondeskou in Johannesburg ontvang.
Volgens Lea se ma, Lorish, het Boas (5) ook in die kompetisie 'n vyfde plek in die junior hantering-afdeling behaal.
Lea skou al honde vandat sy vyf jaar oud is en haar boetie vandat hy sewe jaar oud is.
"Kinders mag eers met hantering vir erekleure vanaf 8-jarige ouderdom begin, maar in die rasklasse (junior hantering) mag hulle enige ouderdom wees om deel te neem. Die kinders is nie daar om die honde se temperament teen mekaar te kompeteer nie, maar liewers om die beste eienskappe van die hond uit te bring," verduidelik sy.
En volgens haar het haar kinders 'n passie vir dit.
Lorish sê Lea het vroeg begin deelneem aan hondeskoue omdat dit 'n gesinsport is.
"Haar eerste hond was Jackson, 'n mopshond (pug), wat ons aangeneem het. Dié hond het haar lief gemaak vir die skouwêreld, want hy was reeds geleer as 'n skouhond. Boas se belangstelling was ook geprikkel omdat dit 'n gesinssport was."
Volgens haar is Lea al 'n gesoute hondeskouer en geniet sy dit baie. Tydens die kompetisie in Johannesburg het Lea het 'n Australiese herdershond geskou en Boas met 'n mopshond.
Boas Olivier en sy mopshond (pug).
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'