Die bederfdag is 'n jaarlikse instelling van Tafelronde 33 en hierdie jaar het hulle dit in samewerking met Solidariteit Helpende Hand aangebied.
Die dag het met 'n ontbyt by die Wimpy op Oudtshoorn begin waarna almal Hartenbos toe is vir 'n dag se pret en plesier.
Daar is roomys geëet, op die waterwurm gegil en in die see baljaar. Die dag is afgesluit met 'n ete by die Spur op Hartenbos en teen 17:00 was die kinders stokflou, maar baie gelukkig terug by die huis.
volgens Gernes Claassen van die plaaslike Tafelronde is hierdie jaarlikse inisiatief een van die projekte waardeur Tafelronde iets aan die gemeenskap teruggee.
"Hierdie uitstappie het aan kinders wat nie normaalweg so 'n dag kan geniet nie die geleentheid gegee om bietjie bederf te word."
Hy sê dat hierdie inisiatief soms verder uitgebrei word deur met Tafelrondes op ander dorpe in die SWD gebied saam te werk met 'n uitruilprojek waar een dorp kinders van 'n ander dorp vir die dag trakteer.

Die groep staan vir 'n foto.

Daar is in die see geswem.

Die waterwurm was baie gewild.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein-Karoo nuus'