OUDTSHOORN NUUS - 'n Groot eer het 'n 16-jarige leerder van Langenhoven Gimnasium, Kian Snyman, te beurt geval na hy onlangs 'n rol in 'n KykNet-kortfilm losgeslaan het.
Volgens Snyman het hy nooit gedink dat hy die dramawêreld gaan betree nie, want sy eintlike passie is om te sing.
"Ek het tydens die inperking begin sing en aanlyn sanglesse by bekendes soos Lee Scott, Charlize Berg, Monique Steyn, Germandt Geldenhuys en Reyndard Hugo gehad. Hulle het vir my van die oudisies vir die kortfilm gesê en ek het toe ingeskryf."
Snyman sê hy gaan vir vier maande gevorderde dramaklasse doen en ook vier werksessies in Kaapstad bywoon.
Lees meer in Oudtshoorn Courant en aanlyn
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'