DE RUST NUUS - Die Oudtshoorn en De Rust-toerismekantoor en hul lede, het Kersgeskenke ingesamel en dit onlangs aan Youpsa in Blomnek oorhandig.
Youth Potential South Africa (Youpsa) is 'n geregistreerde nie-winsgewende organisasie in De Rust wat spesifiek op die opvoedkundige aspek van kinders se lewe fokus.
Youpsa het op hul beurt die geskenke aan kinders in Blomnek, De Rust, oorhandig.
Volgens Corleen Barnard, toerismebestuurder, probeer hulle elke jaar 'n organisasie kies waar hulp werklik nodig is as ontvanger van die geskenke wat hulle jaarliks insamel.
"Ons kon dit nie verlede jaar gedoen het nie, as gevolg van Covid, maar het die jaar weer.
Dit is die buro en sy lede se manier om aan die gemeenskap terug te gee."
Barnard het al die lede wat geskenke geborg het bedank, asook Buffelsdrift Game Lodge Foundation vir die vrugte en Dryland Events Management vir die eetgoed.
Kinders in Blomnek besig met een van die projekte wat Youpsa verlede maand geloods het om kinders te bemagtig. Foto: Hannes Visser
'Ons bring jou die nuutste De Rust, Klein Karoo nuus'