OUDTSHOORN NUUS - Die nuwe hoof van Helen Bellinganhof tehuis vir bejaardes, sr. Colleen Fourie en die beheerraad, het verlede Donderdag 'n spesiale vroeë Kerspartytjie vir die inwoners van die tehuis gehou.
Fourie sê danksy borge en met die hulp van die personeel en beheerraad kon hulle driegangmaaltye aan 250 inwoners voorsit.
"Oudtshoorniete het oudergewoonte saamgestaan en ons kon ook aan elke inwoner 'n kerspakkie gee. Dit was werklik 'n spesiale geleentheid en ek dink hulle het dit baie geniet. Ons het ook drie dames met 'n wonderlike sangtalent gehad wat kersliedjies kom sing het."
"My groot droom vir volgende jaar is om nog meer geskenke bymekaar te maak sodat ek aan die personeel ook elkeen 'n geskenk kan gee. Hulle doen ongelooflike harde werk en verdien dit regtig."
Inwoners van Bellinganhof geniet hul voorgereg.
Personeel van Helen Bellinganhof tydens die kersete. Foto's: Garnett Wicomb
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'