OUDTSHOORN NUUS - Die liefdadigheidsorganisie, Sport Buddy Charity, het op Kersdag tesame met Franklin Kleinhans (gemeenskapwerker) vele kinders by die Kanaal-omgewing se harte gesteel met 'n heerlike Kersfees-ete soos min.
Kleinhans en sy toegewyde span het die gebraaide hoender, aartappels en kerrierys voorberei en het ook lekkerny-pakkies aan die kleintjies verskaf.
Sport Buddy Charity het op sy beurt groot hoeveelhede netjiese kinderklere en speelgoed aan die opgewonde kinders uitgedeel.
Die gemeenskap het die gebaar hoogs waardeer en hul wens uitgespreek dat dit 'n jaarlikse uitreiking moet wees.
"Baie dankie aan Sport Buddy en Franklin; julle is soos engele wat gestuur is. Julle sal nie weet wat dit vir ons kinders beteken nie. Julle het regtig ons dag spesiaal gemaak en dis beslis 'n Kersfees wat ons nog baie lank sal onthou," het een van die dankbare inwoners gesê.
Beide Sport Buddy Charity en Kleinhans was dit eens dat jaarlikse Kersfeesuitreikings soos hierdie slegs volhoubaar is as borge aanboord kan kom.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'