OUDTSHOORN NUUS - Drie karatekas van Jikkaido-karateklub in Oudtshoorn, Sarah-Jane Lewis, Sheree Samson en Luiciano Samson, het die naweek van die 14de Julie toekennings in Durban ontvang vir Protea-kleure wat hulle behaal het.
Tydens dieselfde geleentheid het Sue-Alice Gysman ook 'n toekenning ontvang vir haar opneming in Karate Suid-Afrika (KSA) se span.
Uitslae van KSA se ontwikkelings-kampioenskappe:
- Heinrich Samson (Jikkaido) - goue medalje
- KSA Ope en Elite - kampioenskappe:
- Nathan Laas (George) - bronsmedaljes in kata en kumite
- Geo Bruintjies (Jikkaido) - goue medalje in kumite en cadete
- Sarah-Jane Lewis (Jikkaido) - goue medalje in kumite
- Sue-Alice Gysman (Jikkaido) - bronsmedalje in kumite
- Sheree Samson (Jikkaido) - bronsmedalje in kumite
Van links is Sheree Samson, Sue-Alice Gysman en Sarah-Jane Lewis. Foto's: Verskaf
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’