OUDTSHOORN NUUS - Polisielede, insluitend stasie- en eenheidsbevelvoerders van regoor die Tuinroetedistrik, het onlangs by die Mosselbaai-stadsaal bymekaargekom vir die tweede jaarlikse Tuinroete-distrik Prestigetoekennings.
Kaptein Ronel Westraadt, 'n kranige golfspeler wat al aan verskeie toernooie regoor die land deelgeneem het, is aangewys as sportvrou van die jaar. Sy is ook as die administratiewe werknemer van die jaar: vlak 8 – 12 aangewys.
Dié toekennings het die harde werk en toewyding van beamptes, speurders, administrasieklerke, gemeenskapspolisiëringsforums en speurders gevier.
Ander toekennings
- Oudtshoorn se administratiewe span het tweede in die kluster gekom en Z Ganief, CF Filander, F Loff en E van Wyk het hier toekennings ontvang.
- Ladismith-stasie het derde plek ontvang vir die stasie van die jaar.
- Ladismith se sigbare Polisiërings-eenheid (Vispol) is as Vispolspan van die jaar aangewys. Die lede wat toekennings ontvang het was sers. HM Moses, sers. JC Sampson, sers. JWI Jantjies, konst. PSY Quiens, konst. GM Mentoor, konst. N Mokhehle, konst. HB. Josephs, konst. AD Lingerveldt en konst. D Belelie.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’