OUDTSHOORN NUUS : Burgemeester Jeffrey Donson, het onlangs ongeveer 400 bejaardes van Kannaland onthaal.
"Ek is so aangedaan toe ek hierdie saal binnestap en die saal so stampvol sout van die aarde-mense sien. Alhoewel die uitnodigings persoonlik by huise gedoen is, oortref vandag my stoutste verwagtinge. Ek was vir agt jaar nie aan bewind van die raad nie en vir agt jaar het hierdie ete nie plaasgevind nie. Juis hierom verskaf dit my groot plesier om weer my mense so bymekaar te sien."
Donson het aan sy gaste genoem dat hy as jong onderwyser in Ladismith aangekom het en mense het hul deure vir hom oopgemaak.
Hy het verder gesê dat, ten spyte van verskeie ondersoeke en beskuldigings teen hom, is hy steeds in Ladismith en steeds in die politiek.
"Hier is ek nou nog. Ek sorg vir die armstes van die armes. Indien jy nie jou munisipale rekening kan betaal nie, kom reël net en hou by jou reëling. Ons wil nie jou elektrisiteit sny nie. Ons moet die dorp vorentoe neem. Ek wens elke huisgesin in Kannaland ’n vreugdevolle Feesseisoen toe, geniet die familie wat kom kuier en laat die Jesuskind in elke woning in Kannaland welkom wees," het Donson sy toespraak afgesluit.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’