Die groep is volgens uitvoerende bestuurder, Salome Combrink, ware ambassadeurs vir Oudtshoorn en die Klein Karoo, en het al veral deur die hele Wes-Kaap, maar ook nasionaal, 'n huishoudelike naam geword.
“Kambro Diggers is ‘n unieke teatergeselskap wat in 2006 tot stand gekom het en sover vasgestel kon word, die enigste voltydse Afrikaanse plattelandse teatergeselskap in Suid-Afrika.”