OUDTSHOORN NUUS - Twee mans van Oudtshoorn, wat skuldig bevind is aan die beskadiging van belangrike infrastruktuur en diefstal van koperkabels van die Oudtshoorn-munisipaliteit, is die week in die Oudtshoorn-streekhof elk agt jaar gevangenisstraf opgelê.
Corné Coetzee (36) en David Darries (29) het op 26 November verlede jaar by die reservoir aan die bopunt van Kerkstraat, 20 meter koperkabels, wat die watertoevoer na en van die reservoirs reguleer, verwyder en is kort daarna in hegtenis geneem.
Hulle het skuld ontken, maar is deur streeklanddros Ntsoki Moni, skuldig bevind en elk tot agt jaar gevangenisstraf gevonnis.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'