Volgens Moses Daries het hy Vrydag bank toe gegaan om te gaan geld trek sodat hy die mense wat vir hom werk kan betaal toe die voorval gebeur het.
"Ek is 'n sub-kontrakteur by Asla. Ek moes Vrydag die mense betaal. Toe ek by die bank kom het ek gesien die OTM se skerm is anders as wat dit gewoontlik was. Ek het 'n man wat naby die OTM gestaan het gevra om my te help," het hy aan die Oudtshoorn Courant vertel.
Volgens Daries het die man die kaart geneem en aan hom gesê die masjien is stukkend.
"Hy het die kaart so vinnig gesteel ek het gedink die masjien het my kaart ingesluk. Ek moes toe nog tien minute wag vir die bank om oop te maak en toe nog wag om by die toonbank gehelp te word. Terwyl die klerk besig was om my te help het die skelm al 'n kontantontrekking gemaak en meer as R800 se drank by 'n drankwinkel gekoop," het hy gesê.