OUDTSHOORN SPORTNUUS - Twee laerskoolleerders, Stiaan van Wyk (12) en Alrie Eloff (10), was Saterdag die wenners van die 358ste Oudtshoorn-parkrun by Surval-olyflandgoed.
Die 12-jarige Stiaan van Wyk was die algehele wenner met die 10-jarige Alrie Eloff wat met haar eerste deelname algeheel in die vyfde plek by die eindpunt was.
Eloff se tyd was ook die vinnigste van al die dames wat deelgeneem het.
Die voorste 10 atlete is as volg:
- Stiaan van Wyk (21:38)
- Jacques Jacobs (23:03)
- Eben Barnard (23:49)
- Oliver Diepes (24:13)
- Alrie Eloff (25:41)
- Albertus Kennedy (28:40)
- Johann Coetzer (29:30)
- Lize-Mari Mostert (29:51)
- Melanie Fourie (29:59)
- Alexander van Wyk (30:23)
Oudtshoorn-parkrun word elke Saterdagoggend by Surval-olyflandgoed aangebied en die wegspringtyd vervroeg komende Saterdag, 7 Oktober, na 07:00.
Deelname is gratis en almal is welkom.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’