OUDTSHOORN NUUS - Alonzo Kumutu, 'n 14-jarige seun van Aurial College in Bridgton, is sedert Maandag 6 Maart vermis.
Sy pa Alfonso Kumutu sê dat hy geklee was in Aurial College se skooldrag en dat hy 'n week gelede 'n brandwond op sy regterhand opgedoen het wat nog pienk vertoon.
Die saak is by Oudtshoorn-polisie aangemeld en 'n soektog is van stapel gestuur.
Indien iemand kan help met inligting waar Alonzo homself bevind, kan Alfonso by 065 597 2584 of Oudtshoorn-polisie by 044 203 9006/7/8, geskakel word.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'