Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - 'n Jong motorfietsryer wat verlede jaar in matriek was, is beseer toe sy omstreeks 09:00 met 'n Opel Monza gebots het.
Volgens ooggetuies het die Monza uit Baron van Reedestraat regs in Kerkstraat gedraai en voor die aankomende motorfiets ingery.
Die motorbestuurder het op die toneel gesê hy het die spoed van die aankomende motorfiets onderskat.
Volgens 'n familielid van die beseerde vrou het sy van pyn in haar rug gekla. Sy is per ambulans na die Oudtshoorn-hospitaal geneem.
Haar ouers was in George ten tye van die botsing, maar is deur die familielid oor die botsing ingelig.
Kyk 'n video hieronder:
Die erg beskadigde motorfiets.
Die regter voorkant van die Opel Monza waar dit deur die motorfiets getref is.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'