OUDTSHOORN NUUS - 'n 18-jarige jong man het Maandag in die Oudtshoorn-landdroshof verskyn na hy Sondagoggend vir die moord op Franklin (Franky) Lukas (18) in hegtenis geneem is.
Niven Donley se saak is na Vrydag vir 'n borgtogaansoek uitgestel.
Volgens kaptein Louis Visser, woordvoerder van die Oudtshoorn-polisie, het die voorval Saterdagaand in Rosehillstraat, Rosebank gebeur.
Visser sê daar was 'n bakleiery Saterdagaand waartydens Lukas met 'n mes in sy bors gesteek is. Donley is Sondagoggend by sy huis in hegtenis geneem.
Lukas se ma, Dinah Lukas, het Maandag aan die Oudtshoorn Courant gesê dat die dood van haar seun nog onwerklik is.
"Hy was 'n goeie kind met baie mooi maniere. Hy het gehou van mooi aan trek en het altyd vir ander mense omgegee. Hy sou die week terug gaan skool toe om sy graad 11 jaar by Bridgton Sekondêr voort te sit. My kind wou iets van sy lewe maak en dit is op 'n wrede manier van hom af weggeneem."
Lees die volledige berig in Donderdag se koerant, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'