Gallery
OUDTSHOORN NUUS - Marsha Wagenaar, leerder van Laerskool van Rheede, het vanoggend die Riempie Protea Hotel se kunstekompetisie in samewerking met die Oudtshoorn-munisipaliteit gewen.
In die proses het sy met 'n allemintige kontantbedrag van R2 300 weggestap!
Altesaam nege laerskole van oor die groter Oudtshoorn het aan die kompetisie deelgeneem.
As deel van die leerders se beloning vir hul deelname aan die kunswedstryd het hulle ook vanoggend 'n geleentheid kry om ’n draai deur Oudtshoorn in die veteraanmotors te ry.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'