OUDTSHOORN NUUS - Die polisie vra die publiek se hulp met die opsporing van ‘n getuie in ‘n saak. Die getuie is Priphilda Lucas, ‘n getuie in saak Oudtshoorn 473/03/2019- Aanranding Ernstig.
Die saak is van die rol verwyder omdat Lucas ‘n sleutelgetuie is en nie opgespoor kan word nie.
Sy het voorheen in die blinkhokke, nommer 21, gewoon, maar die huise is intussen afgebreek. Sy was 'n leerder by Bergsig Primêr, maar is ook nie meer daar nie.
Haar ma is Teresa Le Roux van Ladismith.
Volgens haar was Lucas by haar pa in die omgewing van Black Joint, maar hy is tans in aanhouding.
Enigeen wat weet waar die getuie opgespoor kan word, kan vir ao. M. De Kock kontak by 044 203 7517.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'