OUDTSHOORN NUUS - Drie jong belowende karatekas van Oudtshoorn, Sarah-Jane Lewis, Sue-Alice Gysman en Sheree Samson is onlangs gekies om Karate Suid-Afrika (KSA) se Proteaspan in Mei in Zimbabwe te gaan verteenwoordig en ook by die jeugkampioenskappe in Junie in Kroasië.
Die einste Lewis het verlede jaar 'n goue medalje by die prestige Statebond-karatekampioenskappe in Engeland verower.
Dié driestuks, tesame met Geo Bruintjies en Heinrich Samson, het ook onlangs aan KSA se liga 1- premierskapkampioenskappe in Kaapstad meegeding. Al die karatekas verteenwoordig Jikkaido-karateklub in Oudtshoorn.
Die karatekas het as volg presteer:
- Goue medaljes vir Sue-Alice Gysman en Sarah- Jane Lewis.
- Bronsmedaljes vir Heinrich Samson, Sheree Samson, Geo Bruintjies en Shane May.
Heinrich Samson
Sheree Samson
Geo Bruintjies
Sarah-Jane Lewis
Shane May. Foto verskaf
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’