KAROO NUUS - Algernon (Gernie) Kennel, jeugleier van die AGS Nissenville, en die kerk se jeuggroep, sal die maand op die jeug van Kannaland fokus.
Kennel is nie net 'n jeugleier nie, maar is ook welbekend in die Tuinroete en die Skiereiland vir sy skildertalent.
Volgens hom moet die Kannalandjeug in liggaam, siel en gees gevoed word.
"Politiek is nie hier die middelpunt nie. Ons het 'n geestelike benadering, maar ons kan nie die jeug losmaak van hul sosio-maatskaplike probleme nie. Dwelms, werkloosheid, kerkloosheid en losbandigheid is van die vyande wat ons gaan aanvat. Ons nooi ook alle jeugleiers om met ons te verenig in Jeugmaand wat hierdie naweek afskop. Ons kry ondersteuning van Kaapstad, George, Mosselbaai en Oudtshoorn."
Gedurende Junie sal hierdie jeuggroep van die AGS fokus op die vaardighede van die jeug.
"Ons bring gaskunstenaars soos Anthony Noble en BBoy Da Vinci na Kannaland. Daar sal die jeug die geleentheid gegee word om hulle vaardighede te ontdek en ook geestelik gevoed te word," sê Virgill Opperman, wat ook aan die projek deel het.
Jayden Moses, rymkletser, sal die jeug aantree met lirieke wat opvoedkundig en geestelik sal wees.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’