OUDTSHOORN NUUS - Die Oudtshoorn Christelike Jeugforum (OCJF) het 2017 op Oukersaand met sy tradisionele Christmas Bash naby die Bongolethu Thusong-sentrum afgesluit. Lekkergoed- en geskenkpakkies is aan al die kinders van die buurt uitgedeel waarna Real Soul, Marileze Samson, Lizell van Hansen en Pat en Owen Ryneveld opgetree het.
Ricky G van EDENfm was die seremoniemeester.
Volgens Phillip Seroux, projekbestuurder van die OCJF, is die aand moontlik gemaak danksy die ondersteuning van die SAPD, KKNK, Lizell van Hansen en EDENfm.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'