OUDTSHOORN NUUS - Die Oudtshoorn-diereherberg se jaarlikse Kersboom-projek vind Saterdag 7 Desember plaas.
Hierdie geleentheid is ’n hoogtepunt op die Diereherberg se kalender en bied die gemeenskap die geleentheid om diere in nood te bederf en te ondersteun.
Ansa de Jager, stigter van die Diereherberg, nooi die gemeenskap om hierby betrokke te raak.
"Ons het nog geskenke vir die diere nodig. Daar is nog net 'n paar dae oor en ons wil graag die dag spesiaal maak. Die geskenkpakkies vir die diere bevat gewoonlik twee blikke hondekos, ’n warm kombersie, ’n groot kosbak, ’n speelding en dierevriendelike lekkernye."
Die Kerspartytjie vind om 11:00 by die Diereherberg se perseel op die Rooiheuwelpad, oorkant die munisipale skut plaas.
Enigiemand wat betrokke wil raak of 'n skenking wil maak kan Carol Rheeder by 074 279 2898 kontak.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’