OUDTSHOORN NUUS - Inwoners van 'n gedeelte van Colridge View-Oos was Vrydag vir ure sonder elektrisiteit nadat 'n kragpaal in 'n botsing afgery is.
Die jong bestuurder van 'n BMW het die pad in Proteastraat omstreeks 04:30 verlaat en die kragpaal op die sypaadjie getref. Die kragtoevoer is eers agt ure later teen 12:30 herstel.
Die bestuurder van die voertuig het op die toneel aan die Oudtshoorn Courant gesê die stuur van die motor het glo vasgesteek.
Hy het 'n ligte armbesering opgedoen terwyl sy passasier ongedeerd is. Geen ander voertuig was in die botsing betrokke nie.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'