OUDTSHOORN NUUS - Daar heers groot ongelukkigheid in Rosevalley oor kospakkies wat inwoners van die munisipaliteit moes ontvang.
Volgens Denver Hendricks, een van die inwoners, het hulle ongeveer twee weke gelede hul name op die lyste vir kospakkies gesit, maar dit steeds nie ontvang nie.
"As gevolg van die lockdown kan ons mense nie werk nie. Meeste van ons kan nie eens 'n brood koop nie. Die regering belowe die mense kos, maar die mense kom nie uit met dit nie."
Ntobeko Mangqwengqwe, woordvoerder van die Oudtshoorn-munisipaliteit, het gesê dat daar prosedures is wat gevolg moet word voor hulle die kospakkies kan aankoop, maar dat inwoners wel kospakkies gaan ontvang.
Hy het ook gesê dat die munisipaliteit wel later vandag 'n persverklaring hieroor sal uitreik.
Hendricks het ook vanoggend aan die Oudtshoorn Courant gesê dat polisiebeamptes wel op die toneel is en dat hulle ook probeer om met die munisipaliteit kontak te maak.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'