Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Ontevrede inwoners van Suikerbossieweg in Bridgton of die 'Laeveld' soos dit bekendstaan, het vanoggend weer buitebande aan die brand gesteek uit protes oor deurloopgangetjies wat in die area toegemaak is.
Dieselfde inwoners het bietjie meer as 'n maand gelede ook 'n soortgelyke protesaksie begin om hul misnoëe te kenne te gee.
Volgens die inwoners is die toemaak van die deurloopgangetjies uiters ongerieflik.
'n Navraag is aan die Oudtshoorn-munisipaliteit gestuur.
Kyk 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'