Dit blyk dat ‘n hele aantal inwoners weier om die parkeergeld te betaal en hulle voer van die volgende redes aan:
- Die parkeerbeamptes is nie altyd op hulle pos nie – dit beteken dat 'n mens op een plek gratis parkeer en slegs ‘n paar parkeerplekke verder wel moet betaal.
- By winkels wat reeds om 07:00 oopmaak moet mense betaal om te parkee,r soos byvoorbeeld voor die Wimpy, terwyl ander eers om 08:00 begin geld vra.
- Daar is glo geen munisipale verordening wat die wandelende parkeermeters reguleer nie, dus is dit volgens sommiges nie ‘n oortreding om te weier om te betaal nie en kan geen boetes gehef word nie.
- Raadslede voer aan dat die instel van die wandelende parkeermeters nooit deur ‘n raadsvergadering goedgekeur is nie en ook nie die toeken van ‘n kontrak aan iemand nie.
Lees meer in Vrydag se Oudtshoorn Courant, asook aanlyn.