OUDTSHOORN NUUS - Drie persone is na bewering in hegtenis geneem na hulle verlede Vrydag by die Oudtshoorn-rolbalklub in St. Johnstraat ingebreek het.
Volgens inligting wat die Oudtshoorn Courant ontvang het is een van die verdagtes 'n 14-jarige seun.
Die Oudtshoorn Courant het verneem dat die beweerde inbrekers toegang tot die klub gekry het deur een van die klein vensters te breek. Volgens die inligting is niks gesteel nie, maar is baie skade binne die gebou aangerig.
Die polisie het glo die verdagtes by die rolbalklub gevang voor hulle probeer het om deur die dak te ontsnap. 'n Navraag vir verdere inligting is aan die polisie gestuur.
Skade aan die plafon wat deur die vermeende inbrekers aangerig is. Foto's: Verskaf
Lees die volledige berig in Vrydag se Oudtshoorn Courant, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'