OUDTSHOORN NUUSFLITS - Debra Hyde van die Knysna-tennisklub is op die 23ste Eden seniorstennisverening algemene jaarvergadering onbestrede tot voorsitter herkies.
Die visie-voorsitter, Des Sampson van Mosselbaai en die sekretaris, Sonja Botha, van die George-tennisklub is ook in hul poste heringestem.
Karin Deltenre (George-tennisklub) is tot tesourier verkies, terwyl die 190's organiseringskomitee, Ernst Kok, Hanlé Kok en Hugo van der Berg, ook behou is.
Ayanda Nowtshiga van die Knysna-tennisklub is as bykomende bestuurslid verkies.
Hyde het in haar jaaroorsig die Eden-spelers lof toegeswaai vir hul afgelope twee jaar se buitelandse deelname. Dié spelers is Christine van Coller, Rida Bester en Sonja Botha wat in Miami, Amerika, en June Smith, Elmarie Lategan en Garnett Wicomb wat in Orlando Florida gin aksie was.
Van Coller, Bester en Hyde is ook gekies om Tennis Suid Afrika se 50+-span in Augustus in Duitsland te gaan verteenwoordig.
Lees meer aanlyn en in die Oudtshoorn Courant.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'