OUDTSHOORN NUUS - Die bestuur van die Triomf kinder- en jeugsorgsentrum in Oudtshoorn het vandag ‘n welkome skenking van R10 000 ontvang.
Die tjek is deur Valerie Van der Walt, eienaar vanRainbow Motors, en Roland Davids, areabestuurder van Engen, aan Triomf oorhandig.
Volgens Van der Walt het sy besluit om Triomf as een van haar onderneming se gemeenskapsprojekte te ondersteun. Sy het Engen genader en hulle het ingestem om ‘n rand vir elke rand wat sy skenk by te voeg.
David het vanoggend met die oorhandiging van die tjek gesê Engen moedig hulle handelaars aan om by die gemeenskap betrokke te raak en sal hulle ondersteuning aan sulke inisdiatiewe verleen.
Triomf se hoof, Irma Olivier en die sentrum se administrateur, Crystal Muller, het die tjek by Rainbow Motors in ontvangs geneem.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'