OUDTSHOORN NUUS - Is jou hond die soetste, die mooiste of die oulikste? Dan is dit nou die geleentheid om hom of haar in te skryf vir Oudtshoorn-diereherberg se hondeskou.
Die skou vind op 16 Oktober om 08:00 by die Cape Karoo Ostrich Emporium plaas. Inskrywingsgeld is R50 per hond en een blik of sak honde- of katkos.
Volgens Ansa de Jager van Oudtshoorn-diereherberg, is daar lekker pryse wat gewen kan word.
Die kategorieë is as volg:
- Beste junior handelaar
- "Cool pup"
- Mooiste meisie
- Oulikste outjie
- "Golden oldie"
- Beste "rescue dog"
- Gehoorsaamste hondjie
- Gehoorsaamste volwasse hond
- Gelukkigste hond
- Hond-eienaar-ewebeeld
- Mooiste aangetrek
De Jager sê alle honde wat ingeskryf word, se inentings moet op datum wees en alle honde moet te alle tye aan 'n leiband wees.
"Indien die hond mens- of hondaggressief is, moet asseblief liefs nie die hond inskryf nie. Geen dragtige tewe of tewe wat op hitte is kan ingeskryf word nie. Net honde wat inskryf word op die perseel toegelaat."
Vir verdere inligting of om in te skryf kontak De Jager by 072 070 5977 of Linda Nel by 079 319 1015.
Skottie die soetste.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'