OUDTSHOORN NUUS - Die Oudtshoorn- en George-hondeklub het vanjaar meer as 300 inskrywings ontvang by die hondeskou wat Saterdag 12 Junie plaasgevind het.
Hierdié skou is deel van 50 tot 60 skoue wat deur die jaar, regoor die land plaasvind, en net honde wat by die Kennel Union of South Africa (Kusa) geregistreer is, kan aan die skoue deelneem.
Lorish Olivier, ondervoorsitter van die Oudtshoorn- en George-hondeklub, vertel dat hulle vanjaar 'n rekord aantal inskrywings in die junior- en kindhanteerder-afdeling ontvang het waarvan sewe van dié inskrywings plaaslike kinders is.
"Ons het vanjaar 11 inskrywings vir die kind- en juniorhanteerder-afdeling ontvang. Ons is baie trots op hierdie kinders en honde want al 11 hanteerders het gekwalifiseer om na die Kusa kind- en juniorhanteerder-kompetisie op 23 Maart 2023 in Bedfordview, te gaan.
Die algehele wenner in die juniorafdeling sal dan in Junie 2023 by die Kusa nasionale uitdunne aangewys word en Suid-Afrika by die 2024 Crufts (internasionale hondeskou wat jaarliks in Engeland gehou word) in Birmingham, Engeland verteenwoordig."
Die volgende kinders en hulle honde het aan die junior hanteerder groep (12-18 jaar) deelgeneem. Van links voor is Mardie Fourie, Isabella Barlow, Boas Olivier, Anouska Olivier en agter is Eileen Ashton, beoordeelaar by Saterdag se hondeskou. Foto: Sonia Wahl
George en Outeniqua-hondeklub se trotse junior honde hanteerders. Foto: Lorish Olivier
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'