PRINS ALBERT NUUS - 'n Boer wie se plaas enkele kilometer van die dorp geleë is, het die afgelope naweek reuseskade gely toe twee groot honde verskeie van sy skape doodgebyt en vermink het. Die boer het die goedversorgde honde, wat hy tussen die trop betrap het, doodgeskiet.
Die honde het eers Saterdagnag drie lammers en 'n ooi doodgebyt, waarna die gesin die skape vir veiligheid nader aan hul woonhuis gebring het.
Dit het die honde egter nie gekeer nie. Hulle het Sondagnag teruggekom en wéér onder die trop ingevaar.
Oudtshoorn Courant het die Prins Albert-polisie om kommentaar genader, en daar word op reaksie gewag.
Lees meer in Oudtshoorn Courant en aanlyn.
Van die skape wat die afgelope naweek op 'n plaas buite Prins Albert doodgebyt is.
'Ons bring jou die nuutste Prins Albert, Klein Karoo nuus'