Video
OUDTSHOORN NUUS - Oudtshoorn Dogs in Need, die liefdadigheidsorganisasie wat tans by die munisipale skut help, het 'n dringende behoefte aan honde- en katkos.
Volgens Colleen Smith, ODIN se voorsitter, is daar tans 40 baba hondjies by die skut.
"Ons doen gereeld uitreike en ons bring baie honde skut toe wat siek of verwaarloos is. Al die honde moet gevoer word en op die stadium is daar eenvoudig nie genoeg kos om al die diere te voer."
Enigiemand wat 'n skenking wil maak kan ODIN by 0720841374 skakel.
Kyk 'n video hieronder.
Oudtshoorn Dogs in Need benodig dringend kos vir hul diere.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'