OUDTSHOORN NUUS - Die personeel van die Oudtshoorn-landdroskantoor het verlede Vrydag vir die eerste keer Erfenisdag met 'n spesiale funksie gevier.
Die personeel is ingedeel in groepe wat die geskiedenis, kultuur en tradisies van die land se onderskeie bevolkingsgroepe treffend uitgebeeld het.
Volgens Royden Boonzaaier, area hofbestuurder, was die viering baie suksesvol en sal dit voortaan jaarliks geskied. Die verrigtinge is natuurlik afgesluit met 'n heerlike braai.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’