Die kompetisie - die Johannesburgse Aandelebeurs se 2014 Bellegingsuitdaag - bied aan leerders tussen graad 8 en 12 die geleentheid die fundamentele aspekte van beleggings onder die knie te kry.
Deelnemers hanteer `n virtuele beleggingsportefeulje van R10 000 000 en die maandelikse wenners staan die kans om elk R500 te wen asook R500 vir hul skool en hul onderwyser.
Die plaaslike span staan nou die kans om deur te dring tot die eindronde in Oktober.

Vier leerders van Hoërskool Oudtshoorn het groot pryse ingepalm met hul beleggingsvernuf. Van links: Corné Fourie, Amré McCallum, Jacobus King en Cesar Thiry. Foto: Verskaf
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein-Karoo nuus'