TUINROETE DISTRIKNUUS - Hoër Landbouskool Oakdale is vanjaar in verskeie kategorieë genomineer vir die gesogte Ruggas Awards-toekennings wat onlangs in Stellenbosch gehou is.
Nominasies was as volg:
- Speler van die jaar: Neil le Roux
- Agterspeler van die jaar: Neil le Roux
- Voorspeler van die jaar: Phillip Kleynhans & Dian Heunis,
- Mees waardevolle speler van die jaar: Dian Heunis
- Span van die jaar: Oakdale 1ste span
- Afrigter van die jaar: Malan du Plessis.
Oakdale kon daarin slaag om die span van die jaar-toekenning in te palm en Neil le Roux het die speler van die jaar-toekenning ontvang.
In nog nuus is die hoofseun van die Hoër Landbouskool Oakdale vir 2022, Kobus Janse van Rensburg, gekeur om die gesogte Burger-jeugkonferensie by te woon.
Kobus Janse van Rensburg
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'