OUDTSHOORN NUUS – Hoërskool Ladismith (94,5 %) en Ladismith Sekondêr (87,5%) se 2022-matrieks het uitstekend gevaar.
Bennet de Wee, lid van Hoërskool Ladismith se beheerliggaam, het letterlik trane van trots in sy oë gehad toe hy die Oudtshoorn Courant vertel het van al die uitdagings wat die skool hierdie jaar die hoof moes bied.
Alnorah Bell,waarnemende prinsipaal, het die beheerliggaam geloof vir hul deurlopende ondersteuning dwarsdeur die jaar.
Tristan Alexander was Hoërskool Ladismith se topmatriek met 'n algehele 82% slaagpersentasie.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'