OUDTSHOORN NUUS - Solidariteit Helpende Hand is besig om die Oudtshoorn-hospitaal se traumakamer op te knap.
Volgens Marlise Labuschagne, Wes-Kaap Assistent Streekorganiseerder, is dit hulle eerste groot projek vir die jaar.
"Helpende Hand was en is vir ons méér as net ’n hand wat help - dit is ’n hand van omgee, moed gee en hoop gee. Dit is ’n hand wat ophelp en uithelp. Dit is nie net nog ’n organisasie nie, maar ’n familie wat oorloop van liefde, empatie en hoop," verduidelik sy.
Volgens haar knap hulle die hele trauma op.
"Die span verfraai drie vertrekke, verf die mure en sit nuwe speelgoed neer. Hulle verfraai ook die badkamers."
Labuschagne sê hulle is opgewonde om die finale produk aan die publiek bekend te stel.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’