OUDTSHOORN NUUS - Lede van Helpende Hand Oudtshoorn-tak het verlede Donderdag na die brandweerstasie se personeel uitgereik en hul waardering teenoor die personeel uitgespreek.
Volgens Marlise Labuschagne, die Wes-Kaapse assistent-streekorganiseerder van Helpende Hand, het die taklede beklemtoon dat dit belangrik is om goeie verhoudings met die plaaslike brandweer te handhaaf.
"Die werksaamhede van die brandweer gaan daagliks ongesiens verby en die Helpende Hand-taklede het aangebied om maandeliks per geleentheid saam met die brandweerpersoneel ‘n gebedsbyeenkoms te hou. Hulle het ook aan hulle energiestafies gegee."
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’