OUDTSHOORN NUUS - Die eerste handwerkmark van die jaar vind môre op die grasperk langs die CP Nel-museum plaas.
Soos verlede jaar word die mark elke laaste Saterdag van die maand aangebied.
Plaaslike entrepreneurs stal hulle handgemaakte produkte by die mark uit en inwoners word genooi om te kom rondsnuffel.
Die stalletjies het 'n verskeidenheid van produkte wat wissel van handgemaakte krale, droomvangers, sementpotte, klere, skilderye, vingerpoppe en sagte speelgoed tot erdwurmkompos en unieke ysterware.
Die mark begin om 09:00 en duur tot 13:00.
Vir navrae skakel Hannes by 083 467 1522.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'