Charlotte se man, Dwayne, ’n weermagkapelaan, is na Bloemfontein verplaas en ongelukkig moet Charlotte saam. Charlotte was amptelik die ontvangsdame en administratiewe klerk, maar sy was ook soveel meer. Sy was ‘n pêl, ‘n vertroueling, raadgewer en natuurlik ook die mooi glimlaggende nooi by die deur! Charlotte - ons gaan jou baie mis maar hoop en vertrou dat jy en jou gesin baie gelukkig in Bloemies sal wees.
Hallo!
Saam met die hartseer is daar egter ‘n nuwe lekker met Kie-Mari Landman wat op 12 Desember by Charlotte oorgeneem het.
Kie-Mari, wat isiXhosa magtig is, het ‘n graad in joernalistiek en ‘n honneurs in leksikografie en sy beplan om sommer ‘n groot bydrae tot die Courant te lewer. Lees ook haar gedig op die brieweblad. Welkom Kie-Mari - mag jy die koerantwese vreeslik geniet.

Kie-Mari Landman hoop op ‘n blink toekoms in Group Editors en begin haar loopbaan by die maatskappy in die Oudtshoorn Courant-kantoor waar sy behalwe vir haar administratiewe pligte, ook gereeld redaksionele bydraes sal lewer.